SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32Lexicographic Treatment of Negation in Sepedi Paper DictionariesReference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical Culture author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

CARAPIC, Dragana. Die invloed van grammatikale gender op die opeenvolging van ampersinonieme in Serwiese woordeboeke in teenstelling met Engelse tesourusse. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.272-300. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-1-1727.

Daar is opgemerk dat Serwiese sinoniemwoordeboeke nie 'n duidelike insig verskaf in die leksikale verwantskappe tussen die woorde wat soortgelyke betekenisse dra nie (Prcic 2010). Daarom het ons die veelvlakkige benadering tot die navorsing gevolg wat die kollokasionele, kom-ponensiêle, en kontrastiewe analise van die deskriptiewe adjektiewe hrabar, -a, -o, in Serwies, en die Engelse ekwivalent daarvan, brave, inkorporeer. Spesifieke Idem is geplaas op die aanwesigheid van grammatikale gender (manlik, vroulik, onsydig) in Serwies in teenstelling met natuurlike gender in Engels. Elektroniese databasisse en elektroniese korpora word vir die analise van die mees frekwente kollokasionele raamwerk van die gekose voorbeelde gebruik. Die resultate van die navorsing wat gedoen is, illustreer hoe semantiese (en grammatikale) aspekte van woorde op en binne hul kollokasionele reeks gereflekteer word wat dui op die idiomatiese betekenis van die adjektiewe wat in albei tale geanaliseer is. Verder het die analise wat uitgevoer is, getoon dat die mees frekwente kollokasies van die adjektief hrabar, -a, -o, weens die geimpliseerde grammatikale gender (manlik, vroulik, onsydig), asook die opeenvolging van die ampersinonieme, gevarieer het. As gevolg van die afwesigheid van grammatikale gender het soortgelyke veranderings nie in Engels voorgekom nie.

Keywords : ampersinonieme; deskriptiewe adjektiewe; kollokasionele analise; komponensièle analise; kontrastiewe analise.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License