SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 special issue author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

ALBERTS, Marietta. Lexikos en AFRILEX - Perfekte leksikografiese samewerking. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe, pp.1-26. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-2-1695.

Na diepgaande samespreking met belanghebbendes in 1991 het die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) besef dat Afrikaans se toekoms onlosmaaklik verbind is aan die ander tale wat in Suid-Afrika bestaan en gebruik word. Een van die uitvloeisels van die samesprekings was die totstandkoming in 1991 van 'n vaktydskrif Lexikos in die AFRILEX-reeks. Die Beheerraad van die Buro van die WAT het ook 'n eksterne lewensvatbaarheidstudie laat doen om die moontlikheid vir die stigting van 'n Instituut vir Suider-Afrikaanse Leksikografie te bepaal. Die resultate van die lewensvatbaarheidstudie het getoon dat respondente nie nog 'n burokratiese instelling wou hê nie. 'n Verdere uitvloeisel van die lewensvatbaarheidstudie was egter die stigting in 1995 van 'n vakvereniging, die African Assosciation for Lexicography, wat uitsluitlik op leksikografiese aangeleenthede fokus. Die Buro van die WAT het toestemming gegee dat hierdie nuwe vakvereniging die akroniem "AFRILEX" gebruik. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT), wat ook in 1995 tot stand gekom het, was die direkte uitvloeisel van die nuwe meertalige beleid. Ten einde gelyke beregtiging vir alle woordeboekprojekte in al die amptelike Suid-Afrikaanse tale te weeg te bring, is die PanSAT-wetgewing gewysig. Dit het tot gevolg gehad dat nasionale leksikografiese eenhede vir elk van die amptelike Suid-Afrikaanse tale gestig is. Sowel AFRILEX se bedrywighede en die artikels wat in Lexikos gepubliseer word, het 'n groot invloed op die werksaamhede van die nasionale leksikografiese eenhede.

Keywords : kommunikasie; leksikografie; lewensvatbaarheidstudie; NASIONALE LEKSIKOGRAFIESE EENHEDE; TERMINOGRAFIE; TERMINOLOGIE; VAKtaal; vaktydskrif; vakvereniging; wetgewing; woordeboek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License