SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 special issue author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

KHUMALO, Langa  and  NKOMO, Dion. Die intellektualisering van Afrikatale deur middel van die terminologie en leksikografie: Metodologiese gedagtes met spesifieke verwysing na leksikografiese produkte van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe, pp.133-157. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/32-2-1700.

Teminologieontwikkeling en praktiese leksikografie is noodsaaklik in taalintellektualisering. In Suid-Afrika het die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, die Nasionale Lesikografieeenhede, universiteite, kommersiële uitgewers en ander organisasies die terminologie ontwikkel en terminologiese/leksikografiese hulpbronne gepubliseer om die gebruik van Afrikatale neffens Engels en Afrikaans in toonaangewende domeine te bevorder. Teoretiese literatuur in die leksikografieveld (soos Bergenholtz en Nielsen (2006); Bergenholtz en Tarp (1995; 2010); Gouws 2020) het pogings aangewend om die tradisionele onderskeid tussen die leksikografie en die terminologie te ontleed en terselfdertyd die terminologiese onjuisthede in die relevante studieveld aan te spreek. Vanuit hierdie agtergrond neem dié artikel die metodologiese benaderings tot die ontwikkeling van leksikografiese produkte vir spesifieke onderwerpsvelde, m.a.w. hulpbronne wat die terminologie van gespesialiseerde akademiese en professionele velde dokumenteer en beskryf, in oënskou. Daar word gefokus op die gebruik van tradisionele metodes versus die gebruik van elektroniese korpora en die tegnologie daaraan verbonde in die belangrikste praktiese take soos term-onttrekking en lemmatisering. In die artikel word daarop gewys dat die beperkte beskikbaarheid van gespesialiseerde tekste in Afrikatale die ontwikkeling en benutting van gevorderde elektroniese korpora en die toepassings daarvan verhinder om sodoende die uitvoer van terminologiese en leksikografiese take te verbeter en terselfdertyd die kwaliteit van die produkte te verhoog. Die Illustrated Glossary of Southern African Architectural Terms (English-isiZulu), A Glossary of Law Terms (English-isiZulu) en die toekomstige isiZulu woordeboek van linguistiese terme word as spesifieke verwysing gebruik.

Keywords : intellektualisering van afrikatale; leksikografie; terminologie; TERMINOGRAFIE; WOORDEBOEK; SPESIALEVELDWOORDEBOEKE; SPESIALE-VELDLEKSIKOGRAFIE; GLOSSARIUM; ELEKTRONIESE KORPORA.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License