SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

POPOVIC, Ana Halas. Sinonimie vanuit 'n prototipeteorie-perspektief en die simbiose daarvan met polisemie: Op pad na 'n nuwe sinoniemwoordeboek. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.1-23. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1773.

In hierdie artikel word 'n poging wat aangewend is om 'n model vir omvattende, eksakte en sistema-tiese voorstelling van 'n woord se sinonimie binne 'n woordeboekinskrywing daar te stel, veral by hoogs polisemiese woorde, bekend gestel. Dit is gebaseer op die komplementariteit van polisemie en sinonimie en 'n prototipegebaseerde siening van die laasgenoemde leksikale verwantskap. Die voorgestelde model word uiteengesit in vier stappe waarin 'n inskrywing in 'n nuwe sinoniem-woordeboek aangepas word: die analise van 'n woord se polisemiese struktuur, die samestelling van 'n woord se sinoniemstelle gesien as prototipegebaseerde kategorieë, die definiëring van sinonieme binne 'n stel en die strukturing en organisering van 'n individuele sinoniemstel en die volledige inskrywing. Volgens die model word die omvattendheid van sinoniemaanbieding daarin gereflekteer dat 'n inskrywing sinoniemstelle lys wat ooreenstem met verskillende betekenisse van die gegewe lemma sowel as in die tendens van elke stel om 'n wye reeks sinonieme te vertoon. Konsekwentheid en akkuraatheid in sinoniemvoorstelling word hoofsaaklik verkry deur die toepassing van prototipegebaseerde beginsels op die strukturing en organisering van sinoniemstelle en die definiëring van sinonieme. Die model ontsluit ook die moontlikheid van 'n deursigtige diagramgebaseerde visuele voorstelling van 'n woord se sinonimie in 'n elektroniese woordeboek wat 'n geriefliker visuele samestelling van groot hoeveelhede inligting aanbied.

Keywords : polisemie; sinonimie; simbiose; komplementariteit; prototipeteorie; model; woordeboekinskrywing; sinoniemstel; betekenisdefiniëring; inskrywingstruktuur.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License