SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33A Critical Evaluation of Three Sesotho DictionariesA Model for an Online Specialized Dictionary for GIS author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

ĐUROVIć, Zorica  and  DžEVERDANOVIć-PEJOVIć, Milena. Die leksikale analise van korpora vir seevaart en skeepsvaartingenieurswese: Ooreenkomstige of uiteenlopende leksikografiese resultate. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.255-276. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1814.

Engels vir Maritieme Doeleindes sluit 'n verskeidenheid uiteenlopende registers in. Die meeste van die woordeboeke en glossariums word egter toegespits op óf Algemene Maritieme Engels óf Seevaartengels, terwyl ander aspekte van die maritieme bedryf onvoldoende deur gespesialiseerde leksikografiese materiaal gedek word, veral deur formele woordeboeke. Aangesien die hoofklassifikasie rakende die bemanning en operasionele stelsels aan boord 'n skip gekoppel is aan die Dek- en Ingenieursdepartement, het ons gepoog om die ooreenkomste en verskille tussen die tegniese leksikons van die twee gebiede te verken om te bepaal of aparte woordeboeke en glossariums dalk benodig word, en of 'n algemene maritieme woordeboek voldoende sal wees. Om die tegniese leksikons waarop gefokus is, te toets en te vergelyk, het ons hedendaagse korpuslinguistiese metodes en -sagteware gebruik. Die resultate toon beduidende verskille in die kernwoordeskat van die korpora wat vergelyk is. Die bevindings dui ongetwyfeld en weer eens daarop dat spesiale aandag en fokus vereis word wanneer die maritieme leksis geïnterpreteer word, en dui ook daarop dat 'n duidelike onderskeid tussen Engels vir Seevaart- en Engels vir Skeepsvaartingenieurswesedoeleindes getref moet word.

Keywords : maritieme engels; seevaartengels; skeepsvaartingenieurswese; korpus; woordeskat; leksis; frekwensie; sleutelwoorde; woordelys; tegniese woordeboek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License