SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic EngineeringSpecial Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

FUERTES-OLIVERA, Pedro A.. Hoe om die leksikografie volhoubaar te maak: Die gebruik van ChatGPT en die hergebruik van data vir leksikografiese doeleindes. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.123-140. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/34-1-1883.

In 2014 het die Internasionale Sentrum vir Leksikografie, 'n navorsingsgroep by Valladolid, 'n kontrak vir die ontwikkeling van 'n leksikografiese projek, die sogenaamde Diccionarios Valladolid-UVa, met Ordbogen A/S ('n Deense taaltegnologiemaatskappy) en die Universiteit van Valladolid onderteken (Fuertes-Olivera 2019, 2022a, 2022b; Fuertes-Olivera et al. 2018; Tarp en Fuertes-Olivera 2016). Elke vennoot het ongeveer €180,000 bygedra (die Internasionale Sentrum vir Leksikografie se bydrae was afkomstig van verskeie navorsingsprojekte wat deur die Spaanse Navorsingsagentskap befonds is) wat gebruik moes word in die ontwerp en samestelling van Spaanse woordeboeke (spesifiek 'n algemene Spaanse woordeboek, 'n Spaanse rekeningkundewoordeboek, 'n tweetalige Spaans-Engels/ Engels-Spaanse woordeboek en 'n tweetalige Spaans-Engels/Engels-Spaanse rekeningkundewoor-deboek. Bogenoemde projek het verskeie resultate tot gevolg gehad, met die onlangse publikasie van die Diccionario Digital del Espanol (DIDES) as die mees relevante produk (https://diesgital.com). Binne die raamwerk van hierdie projekte verskaf dié artikel 'n algemene inleiding tot die projek (Afdeling 1), word daar verwys na die konsep van volhoubare leksikografie (Afdeling 2), en word daar aange-toon dat volhoubare leksikografie 'n beter begrip van leksikografiese data (Afdeling 3), toenemende leksikografiese produktiwiteit, bv., deur die skep van definisies vir KI-vertalings (Afdeling 4), en die gebruik van generatiewe KI-kletsbotte soos ChatGPT in daaglikse leksikografiese take impliseer.

Keywords : chatgpt; deepl translate; leksikografiese produktiwiteit; volhoubare leksikografie; openbare befondsing; generatiewe ki.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License