SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    KUMILE, C.M.  and  BRIGHT, G.. Sensor fusion control system for computer integrated manufacturing. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2008, vol.19, n.1, pp.179-194. ISSN 2224-7890.

    Hedendaagse vervaardigingsondernemings ervaar gereeld onvoorspelbare markveranderinge wat aangedryf word deur wêreldwye mededinging. Om kompeterend te bly moet hierdie ondernemings die eienskappe van kosteeffektiwiteit en snelle-respons op markfluktuasies toon. Megatronika streef daarna om meganiese, elektroniese en rekenaarstelsels optimaal te integreer om hoëpresisieprodukte en produksieprosesse daar te stel. Hierdie artikel suggereer 'n metodologie vir toenemende aanpasbaarheid en herbruikbaarheid van 'n generiese rekenaargeïntegreerde vervaardigingsel-beheersisteem deur die gebruik van simulasie en die modellering van megatroniese sensorsisteemkonsepte. Die aanwending van sensors binne die sel fasiliteer datavaslegging, ontleding en multi-sensordatafusie. Sodoende verskaf die ontwerpte argitektuur insig in die funksie en metodologie van 'n generiese stukwerkwinkelbeheersisteem wat die vinnige ontplooiing van 'n aanpasbare sisteem moontlik maak.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )