SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.20 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    GUPTA, S.; TEWARI, P.C.  and  SHARMA, A.K.. An availability simulation model and performance analysis of a coal handling unit of a typical thermal plant. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2009, vol.20, n.1, pp.159-172. ISSN 2224-7890.

    Die artikel beskryf die ontwikkeling van 'n beskikbaarheidsimulasiemodel vir 'n steenkoolhanteringseenheid van 'n termiese aanleg deur gebruik te maak van werkverrigtingsanalise met 'n waarskynlikheidsbenadering. In die geval bestaan die hanteringseenheid uit vyf subsisteme. Onder die aanname van konstante faling- en hersteltempo's vir al die subsisteme word die wiskundige formulering gebaseer op die Markov geboorte-sterfte-proses. Nadat die oorgangsdiagram ontwikkel is, word differensiaalvergelykings gegenereer en waarna die gestadigde toestandwaarksynlikhede vasgestel word. Een beskikbaarheidsmatriks is verder ontwikkel wat toelaat vir verskillende werkverrigting-/beskikbaarheidsvlakke teen verskillende kombinasies van faling- en hersteltempo's van alle subsisteme. Gebaseer op verskillende beskikbaarheidswaardes verkry van die beskikbaarheidsmatriks en grafieke van die falings-/hersteltempo's van die onderskeie subsisteme, word werkverrigting en optimum waardes vir faling- en hersteltempo's vir maksimum beskikbaarheid van elke subsisteem ontleed. Vervolgens word instandhoudingsprioriteite vir elke subsisteem voorgehou.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )