Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Abstract
HART, C.A. and SNADDON, D.R.. The organisational performance impact of ERP systems on selected companies. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.1, pp.14-28. ISSN 2224-7890.
Daar bestaan 'n behoefte om die voordeel wat onderneminghulpbronbeplanningstelsels aan ondernemings bied te bepaal en die faktore wat bydra tot die sukses daarvan te ondersoek. Die navorsingsvraag is dus: Om die impak van onderneminghulpbronbeplanningstelsels op die organisatoriese prestasie van ondernemings te ondersoek binne die raamwerk van 'n gepaste prestasiebestuurstelsel, asook die verband tussen kritiese suksesfaktore en onderneminghulpbronbeplanningstelsels. 'n Lys van verwagte ondermeninghulpbronbeplanning voordele en kritiese suksesfaktore is saamgestel. Prestasiemeetmodelle is evalueer en een model is ontwerp om onderminghulpbronbeplanning se impak te evalueer. Hieruit word 'n vraelys saamgestel. Die vraelys word dan gerig aan Suid-Afrikaanse ondernemings in die vervaardiging-, mynbou- en kragopwekkingbedryf. Die resultate toon dat besigheidsvoordele realiseer word deur ondernemings wat onderneminghulpbronbeplanningstelsels implementeer. 'n Positiewe impak op organisatoriese prestasie word ervaar deur voordele by die prestasiemeetmodel in te sluit.












