SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    TAYLAN, O.; ALIDRISI, H.  and  KABLI, M.. A multi-criteria decision-making approach that combines fuzzy topsis and DEA methodologies. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.3, pp.39-56. ISSN 2224-7890.

    Die kies van werknemers vanuit 'n lys van gepaste aansoeke is 'n multi-kriteria besluitnemingsprobleem. Die seleksie se doel is om gebruik te maak van die potensiële werknemers se relevante vaardighede en ander eienskappe om 'n spesifieke taak te verrig. Die doel van hierdie navorsing is om 'n sistematiese benadering, om die beste kandidate vir lugruimbeheerderposisies in Saoedi Arabië te identifiseer, te ontwikkel. Drie geïntegreerde metodes is ingespan vir die besluitneming in hierdie studie. Eerstens is 'n wasige besluitnemingsboom toegepas om die kriteria gewigte te bepaal. Daarna is die wasige tegniek van Orde Voorkeur deur Ooreenkoms tot die Ideale Oplossing toegepas om die kenmerke te rangskik. Laastens is die Data Omvangs Analise gebruik om die kwalitatiewe veranderlikes tot kwantitatiewe gelykhede om te skakel. 'n Peiling is onder nasionale en internasionale besluitnemers geneem om die noodsaaklike inligting rakende die kriteria en sub-kriteria van die lugruimbeheerstelsel te bepaal. Die besluitnemingsvraagstuk is geformuleer deur vyf kriteria en tien aansoekers in te span. Die verhouding tussen die wasige Orde Voorkeur deur Ooreenkoms tot die Ideale Oplossing en wasig-geweegde gemiddeld was besonder positief vir besluitneming. Die resultate van die wasige Orde Voorkeur deur Ooreenkoms tot die Ideale Oplossing en die Data Omvangs Analise moedig die ontwikkeling van 'n besluitneming ondersteuningstelsel vir lugruimbeheerders aan.

            · abstract in English     · text in English