SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

VAN NIEKERK, M.  and  BEKKER, J.. Developing a tool for project contingency estimation in a large portfolio of construction projects. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2014, vol.25, n.3, pp.96-111. ISSN 2224-7890.

Projek-gebeurlikheidsreserwes moet konsekwent en objektief beraam word ten einde die bestuur van projek-verwante risiko op portefeuljevlak in eienaar-organisasies moontlik te maak. Hierdie artikel bespreek die ontwikkeling van 'n gebeurlikheidsreserwe-beramer vir 'n portefeulje met baie konstruksieprojekte wat almal 'n soortgelyke aard het. Die doel met die ontwikkeling van hierdie funksie is om die invloed van subjektiwiteit op gebeurlikheidsreserwe-beramingmetodes deur die volledige projeklewensiklus te verminder en daardeur projekrisiko konsekwent op portefeuljevlak te weerspieël. Die navorsingsbydrae is die lewering van 'n hibriede funksie wat beide neurale netwerk modellering van sistemiese risiko en die verwagte waarde-ontleding van projek-spesifieke risikos insluit. Die neurale netwerk word geleer deur historiese projekdata te gebruik, tesame met ondersteunende data wat deur onderhoude met projekbestuurders verkry is. Die verwagte waarde-ontleding word deur 'n risiko-register formaat bewerkstellig, wat die aantal verwagte risikos met 'n binomiaalverdeling beraam. Deur hierdie benadering te volg kan die gebeurlikheidsreserwe-beramingfunksie gebruik word sonder diepte-kennis van risikobestuur in projekte. Dit verskaf gebeurlikheidkoste en -tydsduur beramings op projekvlak, en bevat beide sistemiese risiko en projek-spesifieke risiko in 'n enkele funksie.

        · abstract in English     · text in English

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License