Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
TER HAAR, G.M.; BECKER, T.H. and BLAINE, D.C.. Influence of heat treatments on the microstructure and tensile behaviour of selective laser melting-produced TI-6AL-4V parts. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.174-183. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/27-3-1663.
In die bedryf word hittebehandeling aangewend op Ti-6Al-4V met die doel om trek-eienskappe te verbeter. Alhoewel hittebehandeling van bewerkte Ti-6Al-4V gestandaardiseer is (bv. in Aerospace Material Specification H-81200), bestaan daar tekort-kominge in die navorsing en begrip oor die hittebehandeling van selektiewe lasersmelting (SLM) vervaardigde Ti-6Al-4V. Hewige kommer bestaan oor SLM Ti-6Al-4V se bereikbare trekbaarheid weens die materiaal se martensitiese (α') fase. In die studie is hittebehandeling by verskeie temperature aangewend op SLM vervaardigde trekmonsters. Mikrostruktuur analises (deur middel van opties asook elektron terugstrooiing diffraksie) is gebruik om koppels tussen hittebehandeling en mikrostruktuur te identifiseer. Gevolglik is trektoetse aangewend om die trekeienskappe van elke monster te bepaal. Ooreenstemming in data toon 'n noemens-waardige verlies van sterkte met 'n verhoging van hittebehandeling-temperatuur weens 'n groei in kristalgrote, terwyl geen kenmerkende tendens tussen trekvervorming-by-breek met betrekking tot hittebehandeling temperatuur gewaar is nie.