SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

MAKOANA, N.W. et al. Evaluation of single tracks of 17-4PH steel manufactured at different power densities and scanning speeds by selective laser melting. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.210-218. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-3-1668.

Selektiewe lasersmelting produseer enkel bane wat mekaar oordek en vorm so 'n enkele laag. Daaropvolgende lae vorm dan 'n drie-dimensionele onderdeel. Die eienskappe van hierdie onderdele word grootliks beïnvloed deur die eienskappe van elke baan en elke laag. Hierdie studie evalueer die effek van die prosesserings-parameters op die geometriese eienskappe van enkel bane wat van 17-4PH vlekvrye staalpoeier vervaardig is. 'n Enkelmodus kontinue-golf ytterbium vesel laser is gebruik om die enkel bane te vervaardig. Die laser drywing het gewissel van 100 tot 300W met 'n konstante kolgrootte van ongeveer 80μm. Die enkel bane is dan aan standaard metallografiese voorbereidingstegnieke onderwerp sodat verdere analise met n optiese mikroskoop kon geskied. Diepgesmelte poel vorms is bespeur teen lae skandeersnelhede, terwyl vlakgesmelte poel vorms by hoë skandeersnelhede gewaar is. By hoër laser drywingsdigthede is ondersnyding en hobbelvorming waargeneem. Die dimensies van die enkel bane wat sonder poeier geprosesseer is, het oor die algemeen afgeneem met 'n toename in skandeersnelheid by konstante laserdrywing. Die geometriese eienskappe van die enkel bane wat wel met poeier geprosesseer is, het noemenswaardige onreëlmatighede aan die lig gebring. Daar word vermoed dat die onreëlmatighede as gevolg van nie-homogene verskynsels in die gedeponeerde poeierlaag is.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License