SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    NYEMBWE, K.; OYOMBO, D.; DE BEER, D.J.  and  VAN TONDER, P.J.M.. Suitability of a South African silica sand for three-dimensional printing of foundry moulds and cores. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.230-237. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/27-3-1662.

    Die toepassings van driedimensionele drukwerk op die metaalgietproses sluit onder andere die direkte vervaardiging van gietvorms en kerns van vuurvaste materiale, soos silika sand, in. Die hoofeienskappe van silika sand wat verwant is aan die tradisionele gietvorm- en kernvervaardigingsproses is grootte, verspreiding, klei-inhoud, pH, die suur benodig en vuurvastigheid. Die silika sand wat vir driedimensionele druk gebruik word moet ook met inagneming van die laag-gebaseerde vervaardigingsproses gekies word. Eienskappe soos korrelgrootte verspreiding, greinoppervlakmorfologie, hoekigheid, vloeibaarheid en die vermoë om die oppervlak af te werk is van besondere belang. As gevolg van dié vereistes is daar 'n beperkte reeks van silika sandsoorte wat geskik is. Dit dra by tot die hoë bedryfskoste wat met die driedimensionele druk van sandgietvorms en kerns geassosieer word. Die geskiktheid van 'n plaaslik beskikbare silika sand vir gebruik in 'n Voxeljet VX1000 driedimensionele drukker is ondersoek. Die silika sand is geassesseer en vergelyk met ingevoerde silika sand wat deur die drukker se vervaardiger aanbeveel word. Die resultate toon dat, ten spyte van die verskille in die sandsoorte se eienskappe, die plaaslike sand as 'n aanvaarbare plaasvervanger oorweeg kan word.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )