Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
BRITS, R. and BEKKER, J.. A multi-objective coal inventory management model using Monte Carlo computer simulation. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.4, pp.215-226. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/27-4-1560.
Die vermoë van 'n steenkool-aangedrewe kragsentrale om sy opwekkingteikens te bereik word beïnvloed deur periodes van 'n steenkooltekort. In hierdie artikel stel ons 'n meerdoelige voorraadmodel voor om te help met die bestuur van steenkoolvoorraad. Die model is van toepassing op elektrisiteitsverskaffers met 'n netwerk van twee of meer steenkoolaangedrewe kragsentrales. Die doel is om die naby-optimale steenkoolvoorraadvlak te bepaal wat by elke kragsentrale in die netwerk gestoor moet word. 'n Monte Carlo steenkool voorraad-simulator word gebruik om stogastiese onsekerheid in die steenkoolverbruik te inkorporeer, terwyl 'n metaheuristiek die simulator gebruik as 'n beramer vir twee doelfunksies. Die metaheuristiek vind goeie waardes vir steenkoolvlakke by elke kragsentrale in die leweringsnetwerk. Die algoritme vir meerdoelige optimering met die kruis-entropie metode word voorgestel as 'n geskikte metaheuristiek. 'n Hipotetiese gevallestudie word gebruik om die voorraadmodel te valideer en optimeringsresultate te toon.