Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
MABELO, P.B. and SUNJKA, B.P.. Application of systems engineering concepts to enhance project lifecycle methodologies. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.3, pp.40-55. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/28-3-1838.
Groot infrastruktuurprojekte is 'n dryfveer vir ekonomiese groei tydens die konstruksiefase (as gevolg van werkskepping) sowel wanneer dit suksesvol voltooi is (as gevolg van verbeterde dienslewering). Vele herhalende onbevredigende uitkomste van groot infrastruktuurprojekte dui dat tradisionele projekbestuur nie tred gehou het met nuwe ontwikkelinge nie, veral met die toenemende kompleksiteit van die projekte. Massiewe koste en skedule oorskrydings getuig van die erns van die probleem. Hiermee saam dui noemenswaardige veranderinge aan die aanvanklike projek omvang daarop dat hedendaagse projek-bestuurbenaderings verbeter moet word om toepaslik en volhoubaar in die toekoms te wees. Stelselingenieurswese, as beide 'n dissipline en 'n denkwyse, kry al hoe meer aanvaarding en erkenning in die toepassing daarvan in groot infrastruktuurprojekte. Dit is as gevolg van die voordele voortspruitend uit stelselingenieurswese se vermoë om die toenemende kompleksiteit geassosieer met groot infrastruktuurprojekte, soos vervoer, energie en water, aan te spreek. Hierdie navorsing oorweeg stelselingenieurswese beginsels en konsepte, soos lewensiklus, vereiste-verifiëring en -validasie, vir insluiting in 'n holistiese projek lewensiklus model wat dienslewering verbeter.