Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
WALTERS, M. and BEKKER, J.. Customer super-profiling demonstrator to enable efficient targeting in marketing campaigns. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.3, pp.113-127. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/28-3-1846.
Daar is uitdagings by die identifisering van die regte kliënte vir suksesvolle bemarkingsveldtogte. Tot dusver is segmentasie 'n gewilde bemarkingmetode om te gebruik om kliëntgroepe te kies vir teikenveldtogte. Elke segment kan egter nog verder ontgin word deur kliënteprofilering uit te voer. In die artikel beskryf ons die ontwikkeling van 'n voorgestelde simulator en demonstrasie-werktuig wat groot data-analise inkorporeer om verborge patrone binne die kliëntedatastel te ontbloot, en daardeur word 'n kliëntsuperprofiel geskep. 'n Eenvoudige asook 'n groot, realistiese probleem demonstreer segmentasie deur groepering, en ontwikkel kliëntprofiele om bemarkers in staat te stel om geskikte bemarkingstrategieë te identifiseer. Die voorgestelde raamwerk dien as 'n basis om kliënte-verhoudingbestuur te versterk, deur verbeterde kliëntprofiele vir bemarkingsveldtogte beskikbaar te stel.