SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 issue2The visibility of engineering research in South Africa, 1975-2005Investigating of eco- and energy-efficient lubrication strategies for the drilling of light metal alloys author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

RAMDASS, K.R.  and  NEMAVHOLA, F.. Cost implications of the ISO 9001 quality management system in South African manufacturing organisations. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.2, pp.16-27. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-2-1741.

Oor die afgelope jare is die ISO 9001 standaard wêreldwyd aggressief deur baie organisasies aangeneem. Dit bied geleenthede vir voortdurende verbetering en doeltreffendheid op 'n operasionele vlak. Die inwerkingstellingskoste is egter buitensporig en verminder die voordele van kostebesparing, wat uitvoerende beamptes ontevrede laat. Hierdie studie poog om die belangrikheid en uitwerking van die inwerkingstelling van die Internasionale Gehaltestandaard ISO 9001 op die verlaging in gehaltekoste in Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedrywe te verken. Baie Suid-Afrikaanse maatskappye het by hierdie globale neiging aangesluit in 'n poging om globaal mededingend te bly. In die laaste tyd word ISO 9001 sertifisering nie meer hoog geag deur organisasies nie, aangesien die meeste begin het om die invloed van hoë koste te ervaar. Die studie poog om finansiële winste te beklemtoon wat deur middel van die inwerkingstelling van die ISO 9001-standaarde behaal kan word. Dit word bereik deur middel van 'n kwalitatief-verkennende navorsingsmetode wat ongestruktureerde onderhoude insluit en vereis dat ope en geslote vrae op 'n Likert-skaal beantwoord word. Altesame 50 organisasies was gewillig om aan die studie deel te neem.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License