Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
PIENAAR, W.J.. Principles of social cost-benefit analysis of public road projects followed in South Africa. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.4, pp.129-140. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/29-4-1926.
In hierdie artikel word die mees tersaaklike beginsels bespreek wat die metodiek van sosiale kostevoordeelontleding om openbare padprojekte in Suid-Afrika te evalueer, onderlê. Die 'koste'-komponent van die ontleding is die eenmalige investeringskoste wat opgeoffer word om 'n fasiliteit te vestig. Die 'voordeel'-komponent van die ontleding is die herhalende vermindering van buitewerkstelling wat uit die bedryf, instandhouding, en gebruik van 'n fasiliteit spruit. Wat toekomstige padgebruikersvoordele betref, ontwikkel die artikel 'n sosiale surplusmaatstaf genaamd 'sosio-ekonomiese gebruikersurplus'. 'n Prosedure word voorsien waarvolgens sosiale kostevoordeelontleding met billikheidsweging aangevul behoort te word, om sowel toewysingsdoeltreffendheid as verdelings-doeltreffendheid van 'n voorgestelde pad projek te toon. Laastens bespreek die artikel waarom die ekonomiese impakte wat uit ekonomies geregverdigde padprojekte kan spruit nie in sosiale kostevoordeelontleding oorweging geniet nie.