SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

ENGELBRECHT, L.  and  VAN RENSBURG, A.C.J.. A strategic model of macro-economic and supply chain factors that influence the decision-making process of SA retailers when expanding their footprint in African countries. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.4, pp.184-206. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-4-1956.

Die uitbreiding na buitelandse markte as deel van die globaliseringsera, is 'n tendens wat die aandag van ekonome en navorsers trek en is 'n studieveld waarop deskundiges toenemend fokus. Afrika is geen uitsondering in die globaliseringsproses nie, en soos die plaaslike Suid-Afrikaanse kleinhandel 'n versadigingspunt in mededingingsvlakke bereik, word groot kleinhandelaars gedwing om hulle in ander Afrika-lande te vestig. Uitbreiding na buitelandse markte is 'n besigheidsbesluit wat op 'n analitiese raamwerk baseer moet word ten einde beleggers te help in hulle besluitnemings-proses. Modelle kan saamgestel word om vas te stel watter mark, land of streek vervolgens n prioriteit behoort te wees vir besigheidsuitbreiding; watter geleenthede en risiko so n skuif inhou; en wat die besigheidsplan ten opsigte van koste en voordele inhou. Daar is beperkte navorsing oor dié onderwerp in die Suid-Afrikaanse kleinhandelskonteks, wat n gaping skep vir verdere navorsing. Hierdie artikel bied 'n strategiese besluitondersteunings-model om Suid-Afrikaanse kleinhandelaars te help om n ingeligte besluit te neem na watter sub-Sahara Afrika mark hulle volgende moet uitbrei. 'n Holistiese benadering word voorgehou wat verskeie dissiplines soos voorsieningskettingbestuur, ontwikkelingsekonomie en finansiële bestuur insluit.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License