SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    NELL, D.; MATHEWS, E.H.  and  MARE, P.. Industry 4.0 Roll-out Strategy for Dynamic Mine Heat Load Management. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.106-114. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/30-3-2232.

    Diepvlak-mynbou is onder hewige finansiële druk weens verskeie unieke uitdagings. Een van die uitdagings is die handhawing van ondergrondse temperature wat geskik is vir mense om in te werk. Soos wat myne gereeld nuwe dieptes bereik word addisionele hitte tot die stelsel toegevoeg wat die probleem vererger. Akkurate myn hittelas studies is dus nodig om te verseker dat hittebronne deurlopend evalueer, bestuur en getemper word deur voldoende verkoelingspraktyke. Bestaande hittelas modelle is egter gebaseer op ontwerpsparameters wat voorsienning maak vir ergste scenario's. Die meeste van hierdie modelle is ook gebaseer op verouderde empiriese datastelle. Industrie 4.0 tegnologieë bied potensiële optimiseringsvoordele wanneer dit met nuwe hittelas modelle geïntegreer word en kan moontlik doeltreffende monitering, en gevolglik dinamiese bestuur, van hittebronne as gevolg hê. Die implementeringstrategie in hierdie artikel kan as 'n werklike alternatief vir vroeër, verouderde hittelasvoorspelling modelle dien.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )