Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
NELL, D.; MATHEWS, E.H. and MARE, P.. Industry 4.0 Roll-out Strategy for Dynamic Mine Heat Load Management. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.106-114. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/30-3-2232.
Diepvlak-mynbou is onder hewige finansiële druk weens verskeie unieke uitdagings. Een van die uitdagings is die handhawing van ondergrondse temperature wat geskik is vir mense om in te werk. Soos wat myne gereeld nuwe dieptes bereik word addisionele hitte tot die stelsel toegevoeg wat die probleem vererger. Akkurate myn hittelas studies is dus nodig om te verseker dat hittebronne deurlopend evalueer, bestuur en getemper word deur voldoende verkoelingspraktyke. Bestaande hittelas modelle is egter gebaseer op ontwerpsparameters wat voorsienning maak vir ergste scenario's. Die meeste van hierdie modelle is ook gebaseer op verouderde empiriese datastelle. Industrie 4.0 tegnologieë bied potensiële optimiseringsvoordele wanneer dit met nuwe hittelas modelle geïntegreer word en kan moontlik doeltreffende monitering, en gevolglik dinamiese bestuur, van hittebronne as gevolg hê. Die implementeringstrategie in hierdie artikel kan as 'n werklike alternatief vir vroeër, verouderde hittelasvoorspelling modelle dien.