SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

JOHNSON, K.A.; HAMER, W.  and  VOSLOO, J.C. Structuring Uncertainty Management for Energy Savings Calculations. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.149-162. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-3-2234.

Suid-Afrika is daartoe verbind om kweekhuisgasvrystellings te verminder. Energie effektiwiteit word dus aangemoedig om kweekhuisgasvrystellings te verminder. In Suid-Afrika, is artikel 12L van die inkomstebelastingwet een van hierdie aansporings vir energiedoeltreffendheid. Dit beloon eisers met 95c/kWh vir geverifieerde energiebesparings. Die verifikasie word gedoen aan die hand van die SANS 50010-standaard. Dit vereis die bestuur en kwantifisering van die onsekerheid verbonde aan gerapporteerde besparings. Die akkurate kwantifisering van energiebesparings is dus van kritieke belang en dit beklemtoon die behoefte aan onsekerheidsbestuur om akkurate en billike resultate te verseker. Alhoewel metodes oor onsekerheidskwantifisering en -bestuur reeds beskikbaar is, is die korrekte en konsekwente toepassing van veskillende metodes ook belangrik. In hierdie studie is 'n oplossing in die vorm van 'n vloeidiagram ontwikkel om onsekerhede rakende energiebesparings te kwantifiseer en te bestuur. Dit behels 'n vyf-stap benadering en is toegepas op drie industriële gevallestudies. Daar is gevind dat onsekerheidsvlakke tussen twee en 18 persent kan wissel weens verskillende onsekerhede. Dit het die behoefte aan 'n gestruktureerde benadering beklemtoon om onsekerheids-bydraers te identifiseer, te kwantifiseer en te bestuur.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License