Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
HOLM, J.E.W. and VAN DER MERWE, G.P.R.. Quality Research Management Improves Design Research Effectiveness. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.238-252. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/30-3-2246.
Ontwerpsnavorsingsprojekte is dikwels meer kompleks as wat aanvanklik begryp word weens die vereiste vir oorspronklikheid, die kreatiwiteit inherent tot die ontwerpsproses en die beperkte ervaring van nuwe navorsers. Verwagtinge van instansies en eksterne befondsers moet ook aangespreek word. Daarom word 'n raamwerk benodig, in die vorm van kwaliteit navorsingsbestuur, om die navorsingspoging te steun. Die fokus van die raamwerk is hoofsaaklik om belanghebbendes te belyn. Met hierdie ten doel was ingenieursbestuursmetodes aangewend om n kwaliteit navorsingsbestuur raamwerk te definieer wat hersieningsbasislyne daarstel, vereistes naspeurbaar maak, en n algemene prosesmodel beskikbaar stel. Die raamwerk is gebaseer op die bekende 'house of quality' beginsel wat naspeurbaarheid van vereistes daarstel. 'n Reeks matrikse is ontwikkel met n navorsingsvalidasiematriks gedefinieer as die samestelling van naspeurmatrikse. Hierdie matriks ondersteun die toedeling van navorsingsuitdagings aan n behoefte, konsep-oplossings aan navorsingsuitdagings en spesifieke navorsingsoplossings aan konsep-oplossings. Informasiebronne word ook toegedeel aan uitdagings en konsep-oplossings om die oorspronklikheid daarvan te verifieer. Dit is dus moontlik om die projek opsommend te visualiseer. Addisionele voordele sluit verbeterde kommunikasie, visualisering van vordering, naspeurbaarheid van vereistes, verifikasie en validasie in, wat die waarde van kwaliteit navorsingsbestuur illustreer.