Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
HUGO, E.L. and HOLM, J.E.W.. Synthesis and evaluation of an Industry 4.0 control room. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.3, pp.1-12. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/31-3-2423.
Die tegnologiese wêreld ontwikkel voortdurend en industrieë wêreldwyd moet aanpas by die tempo van verandering. Die mensdom is in die middel van 'n vierde industriële rewolusie gewikkel en daar is sprake van 'n vyfde rewolusie in sektore waar menslike interaksie krities is. Beheerkamers vorm 'n belangrike funksionele element van baie industrieë, wat die vraag na vore bring oor die toepaslikheid van Industrie 4.0 tegnologie in 'n moderne beheerkamerstelsel. Die fokus van hierdie studie sluit die definisie van 'n veralgemeende bedryfsargitektuur van 'n regte-wêreld beheerkamer in, met inagneming van gebeurlikheidsbestuurfunksies - die huidige of 'AS-IS' model. Die impak van intelligente tegnologie op 'n tipiese beheerkamer se bedryf word holisties gemodelleer (die toekomstige of 'TO-BE' model) en word vergelyk met kontemporêre beheerkamers om die ontwerpsoorwegings van 'n toekomstige beheerkamer te ontgin.