Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
OOSTHUIZEN, L.; DE KOCK, I.H. and MUSANGO, J.K.. Exploring factors that influence the mainstreaming of gendered energy interventions in poor urban environments: a structured literature review. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.3, pp.83-96. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/31-3-2421.
Energiesektore word gekonfronteer met die onderling gekoppelde uitdagings van verstedeliking en om 'n groeiende bevolking te voorsien met toeganklike en volhoubare energie wat ekonomiese ontwikkeling, energiesekerheid en amoede-vermindering fasiliteer. Die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling behandel kwessies soos armoede, geslagsgelykheid, energie, en volhoubare stede en beklemtoon die noodsaaklikheid om die lewens van arm gemeenskappe te verbeter en ekonomiese marginalisering aan te spreek. Onlangse studies toon egter dat arm stedelike gebiede 'n aansienlike aantal huishoudings met vroue aan die hoof het. Energie is 'n kritieke inset vir hierdie huishoudings wat veroorsak dat vroue toenemend kwesbaar is vir onvolhoubare energie-verbruikpatrone en energie-onsekerheid. In hierdie artikel word n gestruktureerde literatuuroorsig uitgevoer om energietegnologieë te ondersoek wat bydra tot energiesekerheid onder energie-arm vroue. Die sleutelfaktore om in ag te neem vir die integrasie van n geslagsperspektief in energie-tegnologie-innovasies word vervolgens identifiseer en gekontekstualiseer. Hoe hierdie faktore kan help om die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling te bereik en kan bydra tot die versekering van volhoubare energiesektore, word ook uitgelig.