SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 issue3Validation of supervisor effectiveness determinants for engineering team-based organisations3D printed laryngoscope for endotracheal intubation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

CHRISTOPHER, L.A.  and  DE VRIES, M.. Selecting a scaled agile approach for a fin-tech company. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.3, pp.196-208. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/31-3-2432.

Ratse metodologieë is geskep vir klein, naby-geleë spanne, maar hul voordele is nou nodig vir projekte met meerdere, geografies verspreide spanne. Daar is dus 'n behoefte om ratse metodologieë aan te pas om grootskaalse projekte te akkommodeer. 'n Finansiële-tegnologie maatskappy wat 'n digitale bankplatform ontwikkel, en reeds van Scrum gebruik maak, word in die artikel bekendgestel. Die maatskappy het 'n dringende behoefte om sy bestaande ratse benadering op te skaal omdat daar veelvuldige, globaal verspreide ontwikkelingspanne aan dié projek werskaf. 'n Sistematiese navraag by die maatskappy, deur middel van onderhoude en vraagstukke, het uitdagings met die tussenspan-kommunikasie, samewerking en afhanklikheid uitgelig. Hierdie uitdagings is bekende tekortkominge van grootskaalse ratse benaderings. Deur middel van n sistematiese proses om die kennis van grootskaalse ratse metodologieë vanuit die literatuur te onttrek is daar n vergelyking getref tussen bestaande raamwerke (SAFe, Less, DAD en Nexus). Nexus is identifiseer as die mees geskikte raamwerk. Laastens word 'n gevallestudie voorgestel om die saak verder, met die gebruik van Nexus, te ondersoek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License