Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
SOUZA, R.G. et al. Production engineering curriculum in Industry 4.0 in a Brazilian context. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.4, pp.136-150. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/31-4-2033.
Industrie 4.0 word al sedert die ontstaan daarvan in 2011 deur die wetenskaplike gemeenskap bespreek. Besprekings fokus op die karakterisering van wat presies Industrie 4.0 behels. Die industrie sal toenemend professionele persone benodig om ingewikkelde en indirekte take te voltooi, soos om daagliks saam met masjiene te werk. Die doel is om die vaardighede en bekwaamhede wat deur Industrie 4.0 benodig word te ontleed en om hulle te vergelyk binne die omvang van ses Brasiliaanse universiteite. Die ondersoek is geklassifiseer as verkennend, bibliografies en kwalitatief. Daar is vasgetel dat die bestaande sillabus van bedryfsingenieurswese van die ses universiteite verbeter moet word sodat daar beter belyning is met die benodigde vaardighede en bekwaamhede van Industrie 4.0. Alhoewel die Industrie 4.0-tema deur akademici by Brasiliaanse universiteite bespreek word, is dit nog nie moontlik om enige sleutel stappe om die bestaande bedryfsingenieurswese kursusse aan te pas te identifiseer nie.