SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    De Jure Law Journal

    On-line version ISSN 2225-7160Print version ISSN 1466-3597

    Abstract

    MALAN, Koos. Die heerskappy van die reg teenoor desisionisme in die Suid-Afrikaanse grondwetlike diskoers. De Jure (Pretoria) [online]. 2012, vol.45, n.2, pp.272-305. ISSN 2225-7160.

    Die heerskappy van die reg (rule of law) is een van die grondliggende waardes van die Suid-Afrikaanse grondwetlike orde. Saam met 'n aantal ander waardes wat in artikel 1 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 vervat is, omskryf dit die eenstemmige waardekompleks waarop die huidige grondwetlike orde berus. Hierdie bydrae ontleed onlangse gebeure in die Suid-Afrikaanse grondwetlike diskoers, meer bepaald: (1) die omstredenheid rondom die Regterlike Dienskommissie se hantering van die klagtes van die regters van die Konstitusionele Hof teen regterpresident John Hlophe en (2) die president se verlenging van die ampstermyn van die vorige hoofregter kragtens 'n ongrondwetlike wetsbepaling. Daar word geargu-menteer dat die omstredenheid te wyte is aan twee onversoenbare denkbeelde oor die heerskappy van die reg. Die een is die klassieke konsep van oppergesag van die reg, wat op die beginsel van legaliteit gegrond is, en die ander, hier desisioinisme genoem, is gegrond op 'n "norm" van die "beste" besluit in die omstandighede. Hierdie diepliggende verskil spruit voort uit twee uiteenlopende (regs)kulture. Die een het 'n skriftuurlike grondslag en is geanker in 'n soewereine corpusvan reg teenoor die ander een wat mondeling en teenswoordig-gesentreerd is en wat nie met die idee van 'n soewereine corpus van reg soos dit eeue lank in veral die Westerse regskultuur bestaan, bekend is nie.

            · text in English     · English ( pdf )