Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
De Jure Law Journal
On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597
Abstract
SMIT, Marius. Versoenbaarheid van Demokrasie en Leerderdissipline in Suid-Afrikaanse Skole. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.345-365. ISSN 2225-7160.
As gevolg van die afskaffing van lyfstraf voel baie onderwysers magteloos om ernstige leerder wangedrag by skole effektiewelik te hanteer. Nogtans bevat die Skolewet kenmerke van verteenwoordigende- en deelnemende demo-krasie en is gegrond op die beginsels van aanspreeklikheid, deursigtigheid en billikheid. Demokrasie beteken nie anargie of wetteloosheid nie, maar impliseer die behoud van 'n ordelike en gedissiplineerde skoolomgewing op grond van die oppergesag van die reg. Uit die regspraak is dit duidelik dat die howe deurgaans die behoud van dissipline en respek vir gesag handhaaf, veral in gevalle van kwetsende vrye uitdrukkings en ernstige leerder-wangedrag. Fundamentele regte is 'n voorvereiste en grondwetlike element van demokrasie. Elke skool is 'n mikrokosmos van die samelewing en demokratiese praktyke, soos die handhawing van dissipline en die skepping van 'n menseregtekultuur, is in ooreenstemming met die daarstelling van substantiewe demokrasie.