SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

KNOBEL, Johan C. Die Harpy-arend en die Amasone-reënwoud in die Brasiliaanse federale reg gedagtes oor die omgewingsreg en die bewaring van roofvoëls en hulle habitat. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.2, pp.204-220. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n2a1.

Die regsbeskerming van die Harpy-arend en die Amasone-reënwoud in die Brasiliaanse federale reg word krities in oorsig geneem en insigte wat van algemene toepassing op die regsbeskerming van roofvoëls en hulle habitat is, word daaruit geput. Die Harpy-arend word bedreig deurdat individuele voëls gejag en gevang word en deur habitatvernietiging. Die Amasone-reënwoud word onder andere deur ontbossing en aardverwarming bedreig. Die Harpy-arend se bewaringstatus ingevolge die Brasiliaanse federale reg is bevredigend. Omvattende wetgewing is ook in plek om vir die bewaring van die Amasone-reënwoud voorsiening te maak, maar daar is vraagtekens oor die effektiwiteit daarvan, veral na die promulgering van 'n nuwe Código Florestal (Woud-kode), wat swakker beskerming as sy voorganger bied. Teenstand van 'n invloedryke landbou-belangegroep en soms gebrekkige regshandhawing ondermyn die effektiwiteit van die Woud-kode. Aan die ander kant het omgewingsowerhede daarin geslaag om die tempo van ontbossing te verlaag, onder andere deur die effektiewe benutting van tegnologiese hulpmiddele en deur die aanwending van strafregtelike sanksies waarvoor Brasiliaanse wetgewing voorsiening maak. Regsgeleerdes, soos lede van die Ministério Público (die openbare vervolgingsgesag) en die regbank, speel 'n positiewe rol in die implementering van die omgewingreg in Brasilië. Omdat reënwoude aardverwarming teenwerk, is die regsbeskerming van die Amasone van internasionale belang. Die effektiewe regsbeskerming van groot roofvoëls verg 'n tweeledige aanslag: regsbeskerming teen direkte bedreigings soos jag, asook regsbeskerming van habitat. Die regsbeskerming van roofvoëls kan ook die bewaring van woudhabitatte bevorder, enersyds deur die roofvoëls se ekologiese rol as karnivore, en andersyds as vlagskipspesies in bewaringsinisiatiewe. Die doeltreffende regsbeskerming van spesies en hulle habitatte sal toenemend internasionale samewerking verg.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License