SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

KILIAN, CG  and  SNYMAN VAN-DEVENTER, E. Om die Wet op Onderlingehulpverenigings 25 van 1956 te vervang met die voorgestelde Versekeringskonsepwet 2015: 'n nuwe perspektief oor hulpverenigingslede se voordele in ruil vir 'n premie. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.2, pp.281-302. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n2a5.

Die Wet op Onderlinge Hulpverenigings is 'n besondere stuk wetgewing wat om een of ander rede intense akademiese bespreking oor 60 jaar vrygespring het. Onderlingehulpverenigings is 'n vorm van versekering wat nie tipies as kort- of langtermynversekering in Wet 25 van 1956 bespreek word nie. Om hierdie rede is dit moontlik dat 'n lid se voordeel verdere regsbepalings het volgens die kort- of langtermynwetgewing in Suid-Afrika. Dit is ook moontlik dat die voordeel geensins deel vorm van die kort- of langtermynwetgewing nie maar eerder 'n sui generis-vorm van versekering is, naamlik die stokvel as besigheidsvorm in Suid-Afrika. Met die inwerkingtreding van die voorgestelde Versekeringskonsepwet 2015 gaan onderlingehulpverenigings nie meer as besigheidsvorm voortbestaan nie, maar daar heers onduidelikheid oor die stokvel as besigheidsvorm in die toekoms. Die nuwe wet gaan duidelikheid bring oor presies hoe onderlingehulpverenigings as mikroversekering in die kort- en langtermynwetgewings getipeer gaan word deur middel van wysigings aan beide wetgewings. Alhoewel die wysigings nuut mag voorkom, bevat die Wet op Onderlinge Hulpverenigings reeds bestaande begrippe wat nou ander betekenisse kry volgens die Versekeringskonsepwet. 'n Praktiese voorbeeld is die nuwe term om selstruktuurversekering te omskryf wat voorheen bekend gestaan het as 'n sentrale onderlingehulpverenigings-struktuur - geen akademiese bevestiging kon gevind word nie maar die oorvleulende eienskappe tussen die twee terme dui op een en dieselfde konsep. Om hierdie rede verskaf sentrale onderlingehulpverenigings duidelike praktiese voorbeelde oor hoe formules omskryf kan word om eensgesindheid te bring by die verdeling van winste in selstruktuurversekering. Buiten laasgenoemde word daar ook gelet op die nuwe ledevoordele van mikroversekeraars volgens kort- of langtermynversekering en hoe dit tans vergelyk met bestaande ledevoordele van onderlingehulpverenigings.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License