SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

SLADE, Bradley V. Die 'algemeen geldende regsvoorskrif vereiste in onteieningsreg en die implikasies van die Onteieningswetsontwerp van 2015. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.2, pp.346-362. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n2a8.

In hierdie artikel word die vereiste 'algemeen geldende regsvoorskrif' in artikel 25(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,1996, ontleed aan die hand van die Onteieningswetsontwerp van 2015. Die relevante bepalings van die wetsontwerp laat blyk dat onteiening slegs geldig sal wees indien onteiening in wetgewing gematig word. Verder word dit duidelk gestel dat die onteieningsprosedure soos uiteengesit in die wetsontwerp gevolg moet word in alle gevalle waar eiendom onteien word, ongeag of die wetsontwerp of ander magtigende wet op gesteun word om die eiendom te onteien. Die vereistes dat onteiening in wetgewing gemagtig moet word en dat die onteieningsprosedure in die wetsontwerp gevolg moet word, laat vrae onstaan oor die korrektheid van die toestaan van vergoeding vir 'n onteiening in gevalle waar daar geen magtiging vir die onteiening in die relevant wetgewing was nie, en waar daar ook geen formele onteieningsprosedure gevolg was nie. Siende die toestaan van vergoeding vir onteiening in die toekoms slegs kan geskied in gevalle waar daar magtiging vir onteiening is en waar die onteieningprosedure gevolg was, blyk dit dat konstruktiewe onteiening nie toepassing kan vind in die Suid-Afrikaanse reg nie. Dit word gestel dat konstruktiewe onteiening slegs erken kan word in gevalle waar daar nie streng klem geplaas word op 'n statutêre basis vir onteiening nie. Daarom, indien die wetsontwerp in werking tree sal konstruktiewe onteiening nie toepassing kan vind in die Suid-Afrikaanse reg nie.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License