SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALDT, G.. "Project governance": Geselekteerde Suid-Afrikaanse proefnemings. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.4, pp.729-750. ISSN 2304-8557.

'n Bepaalde vorm van aanspreeklikheid en bevoegdheid bind alle organisasies. Daar word tipies na hierdie vorm as die "regering"- of "besluitnemingstruktuur" van die organisasie verwys. In organisasies wat relatief gevestigde projektoepassings en projekmetodologieë in plek het, word regeerkundige meganismes op 'n meer permanente basis gevestig. Met die fokus op prestasie, resultate en uitkomste, vestig "project governance"-meganismes besluitnemingstrukture sowel as aanspreeklikheiden verantwoordingdoeningsmeganismes in openbare instellings om projekte te moniteer. Namate regeringsinstellings klem plaas op projektoepassings vir beleidsimplementering en diensleweringsinisiatiewe, behoort meganismes en strukture gevestig te word om duidelike koppelvlakke tussen die permanente organisasie en die tydelike projekorganisasie te bewerkstellig. Sodanige meganismes en strukture behoort die regeerbaarheid van projekte te verbeter, verwysend na die strategiese belyning van projekte, die desentralisasie van besluitnemingsbevoegdheid, snelle hulpbrontoedeling, en die deelname van eksterne aandeelhouers. Die doel van die artikel is om die konsep "project governance" te verken en om voorbeelde van geselekteerde toepassings daarvan in openbare instellings op provinsiale en nasionale sfere uit te lig. Sodoende kan die beste praktykvoorbeelde ontleed word om die ontwikkeling van maatstawwe vir effektiewe projektoepassings vir diensleweringsverbetering te bevorder.

Keywords : "project governance"; "project governance"-meganismes; projekbestuur; regeringsprojekte.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License