SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

COETZEE, C.F.C.. 'n Vergelyking van Calvyn se 1545-Kategismus en die Heidelbergse Kategismus oor die Onse Vadergebed. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp.713-729. ISSN 2304-8557.

Daar het reeds 'n hele aantal studies oor die verhouding tussen Calvyn se Kategismus (1545) en die Heidelbergse Kategismus die lig gesien. Die behoefte aan 'n vergelyking tussen hierdie Kategismus en die Heidelbergse Kategismus wat die verklaring van die Onse Vadergebed betref, is reeds by die Suid-Afrikaanse Calvynnavorsingskongres in 2004 uitgespreek. In die sestiende-eeuse Reformasie het die verklaring van die Onse Vadergebed 'n baie belangrike plek ingeneem. Uit die pen van Calvyn het daar agt verklarings verskyn in sy kommentare, kategismusse van 1538, 1545 en die verskillende uitgawes van die "Institusie". In sowel die Geneefse Kategismus van 1542/1545 as die Heidelbergse Kategismus vorm die verklaring van die Onse Vadergebed 'n belangrike deel. 'n Vergelyking van hierdie verklarings, toon aan dat die teologiese insigte van Calvyn 'n belangrike rol gespeel het in die formulering van die Heidelberger. Die Heidelbergse Kategismus is deel van ons Calvinistiese erfenis en steeds die lewende belydenis van die ware geloof van baie kerkgemeenskappe en behoort steeds gebruik te word in die kategetiese onderrig.

Keywords : 1536-Institusie; Calvyn; Kategismus; Geneefse Kategismus; Heidelbergse Kategismus; Onse Vadergebed.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License