SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue2The informatisation of our image of the human beingA consumer perspective on food labelling: Ethical or not? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

GROBLER, H.B.. Die rol van God in die vader-/seunverhouding gedurende identiteitsvorming - 'n Gestalt teoretiese perspektief. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.2, pp.387-403. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel word gebaseer op navorsing wat gedoen is binne die Afrikaanssprekende gemeenskap in die area van die Drakenstein munisipaliteit, Wes-Kaap provinsie, Suid-Afrika. Die fokus val spesifiek op een konsep wat tydens die navorsing uitgelig is, naamlik die persepsies van vaders en adolessente seuns oor identiteitsvorming binne hulle verhouding, asook die rol wat God speel. Gekombineerde kwalitatiewe/kwantitatiewe navorsing is uitgevoer met die klem op semi-gestruktureerde onderhoude met vaders (n=4) en adolessente seuns (n=4) en 'n outobiografie van die outeur as die dominante komponent. Die minder dominante kwantitatiewe komponent het bestaan uit vraelyste wat voltooi is deur vaders (n=42) en adolessente seuns (n=180). Metateoretiese en teoretiese aannames vir die begronding van manlike identiteit word bespreek as deel van die skrywer se paradigmatiese perspektief. Verder word empiriese bevindings bespreek en aanbevelings gemaak. Vanuit die besprekings met vaders en seuns was dit duidelik dat albei partye 'n behoefte het aan 'n hegte verhouding met mekaar en met God. Dit is binne hierdie verhouding waar hulle identiteit gevorm word. Dit blyk egter dat vaders 'n weerstandigheid toon om hulle geloofsoortuigings aan hulle seuns oor te dra. Adolessente seuns het ook aangedui dat hulle geen behoefte het om gedrag wat hulle van hulle vaders geleer het eendag aan hulle seuns oor te dra nie.

Keywords : Gestalt terapie teorie identiteitsvorming religie self; gewaarwording van; vader-/seunverhouding.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License