SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue2The role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspectiveMentoring to develop research self-efficacy, with particular reference to previously disadvantaged individuals author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER MERWE, M.  and  VENTER, K.. 'n Verbruikersperspektief op voedseletikettering: eties of nie?. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.2, pp.405-428. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel bied 'n oorsig oor etiese voedseletikettering vanuit 'n verbruikersperspektief en maak aanbevelings aan die voedselindustrie en -reguleerders rakende etiese voedseletikettering om verbruikers se voedseletiketteringsbehoeftes te bevredig. Verskeie studies het bevind dat verbruikers meestal negatiewe persepsies ten opsigte van voedseletikettering het. Min aandag word egter geskenk aan navorsing aangaande verbruikers se perspektiewe oor etiese voedseletikettering. Hierdie onderwerp word in dié artikel aangesny deur middel van 'n oorsig van die betrokke literatuur van meestal kwantitatiewe navorsing, maar ook van kwalitatiewe en gemengde-metode studies. Aspekte soos die betroubaarheid van aansprake op voedseletikette, verstaanbaarheid van voedseletiketinligting, 'n lys van voedseladditiewe op etikette, en etikettering van geneties-gemodifiseerde voedsel word ondersoek. Aangesien negatiewe persepsies van voedseletikettering moontlik ook 'n impak op verbruikers se besluitneming ten opsigte van die aankoop van voedselprodukte mag hê, sal die voedselreguleerders en die voedselindustrie hulle verantwoordelikheid moet besef om etiese voedseletikette te voorsien. Die voedselindustrie en -reguleerders moet daarna streef om risikokommunikasie en verstaanbare inligting deur etiese voedseletikette asook verbruikersopleidingsprogramme oor voedseletikettering te voorsien. Verbruikers moet bewus wees van hulle reg om te weet wat hulle koop deur etiese voedseletikette en behoort standpunt in hierdie verband te kan inneem.

Keywords : verbruiker; verbruikersopvoeding; voedseletiek; voedseletikettering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License