SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue3Connected leadership: Jeremiah 8:18-9:3 - a case studyLeadership and power author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STENSCHKE, C.W.. Wanneer die tweede in bevel die leiding neem: 'n fokus op Josef Barnabas en Paulus van Tarsus en hulle verhouding in die Nuwe Testament. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.3, pp.503-525. ISSN 2304-8557.

By nadere ondersoek blyk dit dat Josef Barnabas, van wie daar in die Nuwe Testament en veral in Handelinge gelees word, een van die groot leiers en mentors tydens die vroeë Christendom was. Hierdie artikel bied 'n lewenskets van Barnabas met spesifieke fokus op sy verhouding met Paulus. Dit lyk asof Barnabas Paulus se mentor was tydens die vroeë fase van die Christendom, asook die leier aan die begin van die eerste sendingreis. Hy laat Paulus egter later die leiding neem en bied hom sy volle en getroue ondersteuning. Dit blyk verder dat baie van Paulus se praktyke tydens sy eie sendingwerk, sowel as die manier waarop hy sy medewerkers gewerf en opgelei het, uit Barnabas se mentorskap spruit. Die verhouding tussen Barnabas en Paulus bied 'n gevallestudie van hoe leiers kan ontwikkel en hoe verhoudings kan verander. Die Bybelse uitbeelding van hierdie verhouding sny verskeie kritieke kwessies in verband met leierskap aan en stel verskeie uitdagings aan diegene wat by Christelike leierskap betrokke is.

Keywords : Josef Barnabas leierskap; bybelse voorbeelde leierskap; Nuwe Testament leierskap; verandering in Paulus.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License