Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X
Abstract
KRETZSCHMAR, L.. Kulturele paaie en slaggate in Suid-Afrika: 'n refleksie oor morele bemiddeling en leierskap vanuit 'n Christelike oogpunt. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.3, pp.567-588. ISSN 2304-8557.
Die aard en belangrikheid van morele bemiddeling vir die transformasie van persone en die samelewing as 'n geheel word veral vanuit 'n Christelike perspektief bespreek. Hierdie artikel fokus op kulturele paaie en slaggate met verwysing na die vorming en uitoefening van morele bemiddeling deur individue, leiers en gemeenskappe. Die ses dimensies van kulturele waardes, soos deur Hampden-Turner en Trompenaars (2000) ontwikkel is, word as 'n raamwerk gebruik. Veral die Weste en Afrika se kulturele waardes word hiermee beskryf en geëvalueer sodat maniere geïdentifiseer kan word om morele verantwoordelikheid te ontwikkel en ware sosiale transformasie te bewerkstellig.
Keywords : Christelike etiek; kultuur; leierskap; morele bemiddeling; morele gemeenskappe; morele waardes.