SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue4The value of values: A Christian-philosophical reflection on the nature and directional power of valuesThe changing face of American compassion: Ethnicity, religion, and worldview conflicts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    SIMONS, P.. Ekonomisme. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.4, pp.751-768. ISSN 2304-8557.

    Die moderne samelewing word nie alleen gekenmerk deur 'n fassinasie met wetenskaplike tegnologie as middel om alle probleme, veral dié wat in die pad staan van materiële vooruitgang (tegnisisme), op te los nie, maar ook deur 'n obsessiewe belangstelling in alles wat te make het met geld (ekonomisme of mammonisme). Hierdie artikel bespreek die verhouding tussen tegnisisme en ekonomisme, gegrond op albei se verhouding tot die nuttigheidsdenke: die soektog na die grootste geluk vir die grootste hoeveelheid mense. 'n Onlangse studie van neo-liberalisme (gesien as 'n versterking van die nuttigheidsleer) deur Laval en Dardot, word as verwysing gebruik vir die ontwikkeling van die nuttigheidsleer. Dit word beweerdat die westerse beskouing van die wêreld met 'n nuttigheidsetiek soos geopenbaar in die ekonomisme en tegnisisme, deur drie verab-soluterings gekenmerk word, naamlik van teoretiese, tegnologiese en ekonomiese denke. In 'n tweede gedeelte bou die artikel op die raamwerk van die reformatoriese filosofie omn benadering aan die hand te doen wat in beginsel nie geskaad word deur sodanige verabsolutering nie.

    Keywords : ekonomisme; neo-liberalisme; nuttigheidsleer; tegnisisme.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )