SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue4Critical prophecy and political leadership in biblical, African and Islamic worldviewsThe Spirit and secularisation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

COMPION, J.; VAN DER WALT, J.L.; STEYN, H.J.  and  WOLHUTER, C.C.. Lewens- en werklikheidsvisie: ontwikkeling en transformasie -'n gevallestudie oor die Lamba woonagtig in die Masaiti-streek van Zambië. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.4, pp.811-832. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel berig oor 'n gevallestudie aangaande die ontwikkeling en die onderwyskundige transformasie van 'n subgroep van die Lamba, woonagtig in die Masaiti-streek van die Koperbeltprovinsie van Zambië. Die Foundation for Cross-Cultural Education in Zambië (FCE) is reeds die afgelope dertien jaar werksaam onder die mense in hierdie gebied. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die huidige lewens- en werklikheidsvisie van 'n gemeenskap soos dié van die Masaiti-streek getransformeer sal kan word tot 'n ware Christus-gesentreerde lewens- en werklikheidsvisie. Dit kan gedoen word deur eerstens in ag te neem hoe die gemeenskap homself tans tot uitdrukking bring in terme van elkeen van die universaliteite of komponente van 'n lewens- en werklikheidsvisie, en tweedens deur elkeen van hierdie universaliteite of komponente te onderwerp aan 'n proses van lewens- en werklikheidsbeskouings-transformasie. Daar is ook tot die gevolgtrekking gekom dat lewens- en werklikheidsvisietransformasie beskou moet word as 'n voorvereiste vir die ontwikkelingstransformasie van sodanige gemeenskappe.

Keywords : filosofie; persoonlike lewens- en wêreldbeskouing onderwys; Christus-gesentreerd transformasie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License