Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X
Abstract
CRONJE-MALAN, L and VAN SCHALKWYK, L. Vroeë adolessente se persepsies van hulle primêre versorgers se betrokkenheid by die skoolgemeenskap in 'n hoë-risiko gemeenskap. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.2, pp.1-10. ISSN 2304-8557.
Vroeë adolessente se persepsies van hul primêre versorgers se betrokkenheid by die skoolkonteks in 'n hoë-risiko gemeenskap is bepalend vir hul verhoudings- en persoonlike welstand. Alhoewel skoolprestasie van deurslaggewende belang is om positiewe jeugontwikkeling te bewerkstellig, is vele Suid-Afrikaanse adolessente steeds deel van die hoë voorkoms van herhaal-en-uitvalstatistiek. Die studie is gedoen binne die teoretiese raamwerk van die positiewe sielkunde om hulpbronne te verken wat welstand kan bevorder. Die kwalitatiewe metode is gebruik, en deelnemers tussen die ouderdomme twaalf en veertien jaar oud, verbonde aan een skool in 'n hoë-risiko gemeenskap, is gekies. Demografiese inligting toon dat die meeste deelnemers se primêre versorgers nie hul biologiese ouers is nie. Bevindings toon dat vroeë adolessente se persepsies van familie die voorsiening van basiese behoeftes as 'n vereiste vir skoolbetrokkenheid behels. Die hoofsaaklik negatiewe emosionele aard van skool-en-huis interaksies dra by tot negatiewe patrone wat met 'n hoë-risiko omgewing geassosieer word. Hierdie studie lewer 'n belangrike bydrae tot die Positiewe Sielkunde, aangesien waardevolle inligting verkry is sodat vroeë adolessente se verhoudingswelstand binne konteks verstaan kan word. Aanbevelings behels riglyne vir intervensies met die inagneming van eksterne asook interne faktore.
Keywords : Early adolescents; primary care-givers; school community; high-risk community.