SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.82 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STEYN, G.M.. Transformasionele Leer Deur Middel Van Onderwysersamewerking: 'n Gevallestudie. Koers (Online) [online]. 2017, vol.82, n.1, pp.1-15. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.82.1.2220.

Hierdie artikel wat uit vorige studies in die skool ontwikkel het, doen verslag oor 'n kwalititiewe studie wat die professionele leerervaringe van personeel in 'n Suid-Afrikaanse laerskool ondersoek het. Transformasionele leer en volwasseneleerteorie het as grondslag van die studie gedien. Data is ingesamel deur middel van oop vrae in 'n vraelys aan onderwysers in die Wiskundedepartement, 'n fokusgroeponderhoud met hierdie onderwysers asook individuele onderhoude met die skoolhoof. Deelnemers het aangetoon dat onderwysersamewerking hulle professionele leer verbeter het in die horisontale en vertikale strukture in die skool. Hulle het die belangrikheid van effektiewe kommunikasie, vertroue en respek in hulle interpersoonlike verhoudinge beklemtoon. Alhoewel deelnemers verskille in hulle persoonlikhede en professionele benaderings erken het, het hulle dit as voordelig en komplementerend beskou. Die studie het aangetoon dat transformasionele leer gekontekstualiseerd is en dat verdere studies derhalwe aanbeveel word om die kontekstuele faktore wat die bevordering van kennis en vaardighede onder onderwysers bevorder, te ondersoek.

Keywords : Volwasseneleer; transformasionele leer; onderwysersamewerking; professionele ontwikkeling.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License