SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.83 issue1A Christian mission of glocal culture within riven societies in God's worldTraces of neo-Calvinism in France and Italy author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, Barend. h Kykie na Kopstukke Filosofie op Potchefstroom die afgelope eeu (1917-2017), Deel 2: die sisteembouers. Koers (Online) [online]. 2018, vol.83, n.1, pp.1-13. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.19108/koers.83.1.2309.

SAMEVATTING Die vak Wysbegeerte (later herdoop tot Filosofie) se handvol filosowe het vir die grootste deel van die afgelope eeu belangrike bydraes gelewer in die bepaling van die Christelike karakter van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys Behalwe min of meer terloopse verwysings na die vak of persone wat dit aangebied het in algemene geskiedenisse van die PUK, is daar egter nog niks oor die geskiedenis van filosofie en die kopstukke daarby betrokke te boek gestel nie. Met enkele hooflyne wil hierdie verkenning in dié leemte voorsien en verdere detailnavorsing stimuleer. In h vorige bydrae (Van der Walt, 2017) is die tydperk van wysgerige verkenning tot ongeveer 1916 met figure soos proff. S.O. Los en F. Postma bekyk. Hierdie bydrae fokus op die bydraes van twee figure gedurende die tweede periode van sistematisering van h Christelike filosofie, Hendrik Gerhardus Stoker (dosent aan die begin van die twintigerjare en vanaf 1936 tot 1964 departementshoof) en Jan Adrian Louw Taljaard (dosent vanaf 1948 en departementshoof vanaf 1965 tot 1974). Wat het hulle akademiese opleiding behels, wat was hulle besondere belangstellings en publikasies? Die artikel word afgesluit met h terugblik op die gemeenskaplike religieusegrondslaevanhulledenke. In h volgende (derde) aflewering sal daaropvolgende, latere fiilosofiiese kopstukke bekyk word, verteenwoordigers van h derde periode in die geskiedenis van filosofie op Potchefstroom, naamlik wysgerige uitbouing. Die reeks sal afgesluit word met h vierde en laaste bylae oor die meer resente situasie vanaf ongeveer 2010.

Keywords : Christelik-reformatoriese Filosofie; Noordwes-Universiteit; Potchefstroomse Universiteit vir CHO; Vrije Universiteit [Amsterdam]; Teologie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License