SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VERGEER, W.C.. Kleipotte wat maklik breek? 'n Herverstaan van 2 Korintiërs 4:7. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.253-280. ISSN 2305-0853.

    Bybelvertalings en kommentare beskou die beeld van kleipotte wat Paulus in 2 Korintiërs 4:7 gebruik as 'n neerhalende self-karakterisering wat die breekbaarheid, onaansienlikheid, goedkoopheid of ontbeerlikheid van evangeliedienaars beskryf. Die algemene instemming is dat die broosheid van die kleipot "die allesoortreffende krag van God" op 'n paradoksale wyse wil beklemtoon. Die gedagtestruktuur, sintaktiese, grammatiese en sosio-historiese basis van hierdie uitsig op 2 Korintiërs 4:7 word ondersoek en (her)verstaan. Die resultate dui daarop dat die beeld van kleipotte eerder komplementerend as paradoksaal verstaan moet word.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )