SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

OLIVER, E.. Die invloed van die Christelike geloof op die Suid-Afrikaanse samelewing. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.305-326. ISSN 2305-0853.

Die bedoeling van die vroeë kerk was nie in die eerste plek om die politiek, ekonomie en regstelsels van die wêreld te verander nie, maar spoedig het die Christene se manier van leef die samelewing rondom hulle beïnvloed. Die Europese setlaars het die calvinistiese geloof na die suidpunt van Afrika gebring waar dit vir die volgende 340 jaar 'n leidende rol in die geskiedenis van die land gespeel het. Geen teëkanting of bevraagtekening van die bevoorregte posisie van die Christendom deur nie-Christene is geduld nie en die invloed daarvan op die samelewing is as vanselfsprekend aanvaar deur veral die Christelike deel van die bevolking. Vandag vertoon die samelewing sowel die medaljes as die littekens van hierdie toedrag van sake. Hoewel Suid-Afrika nooit amptelik bekend gestaan het as 'n Christelike land nie, is die geweldige invloed wat die Christendom op die land gehad het na meer as 'n dekade van gods-diensvryheid in 'n neutrale staat, steeds sigbaar. Die doel van hierdie artikel is om 'n inleidende, oorhoofse en verkennende blik te verskaf van die reikwydte en invloed wat die Christendom op die samelewing gehad het, gesien vanuit 'n historiese perspektief.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License