SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

SMIT, C.J.. Is 'n kerkorde nie kragtens sy aard strydig met die werking van die Heilige Gees nie?. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.3, pp.393-408. ISSN 2305-0853.

Die vraag is of 'n kerkorde as anti-geestelik gesien moet word. Lei 'n kerkorde, teen die werk van die Heilige Gees in, tot verstarring van die kerk? Deur hierdie vraag is die kontroversie tussen die geestelike lewe van die kerk en die institusionele ordening daarvan as 'n aktualiteit in die hedendaagse kerklike lewe aan die orde gestel. Die verwerping van die institusionele karakter van die kerk het 'n lang geskiedenis. Om die ware aard en die Skriftuurlike funksionering van 'n kerkorde te begryp, moet perspektief verkry word op die nuwe orde wat deur Christus gegee is deur sy Heilige Gees. Die nuwe orde moet gesien word as die lewenswyse wat deur Christus vir God se volk daargestel is op grond van die versoening. In hierdie konteks moet 'n kerkorde geag word as die beweging van die gelowige na die Woord, wat deur die Gees plaasvind, by wyse van bepaalde middele. In hierdie sin kan die kerkorde selfs beskou word as 'n modus quo waardeur Christus die kerk by wyse van sy Gees regeer en waardeur Hy die nuwe orde onderhou wat Hy vir God se kinders daargestel het. So gesien, is die kerkorde nie 'n mensgemaakte las vir die kerk nie, verder is dit ook nie 'n anti-geestelike instrument waardeur die kerk in 'n bestaan van doodse formalisme gedompel word nie. Inteendeel, 'n Skrif-gefundeerde kerkorde is 'n waardevolle instrument waardeur die regering van Christus, deur die Heilige Gees, in die kerk sigbaarbehoort te word. 'n Skrifgefundeerde kerkorde is in wese 'n korreksie op die skeiding tussen die Heilige Gees en die Woord van God. Daarom moet 'n Skrifgefundeerde kerkorde in ooreenstemming met die nuwe lewensorde in Christus as onontbeerlik vir kerkwees in hierdie wêreld geag word.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License