SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

RHEEDER, A.L.. Stamselnavorsing en -terapie: 'n Oorsig oor die uitvoerbaarheid daarvan met meegaande etiese implikasies. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.3, pp.469-498. ISSN 2305-0853.

Stamselnavorsing is 'n asemrowende tegnologie waar die mens se eie selle gebruik word om genesing te bewerk. Stamselle is spesiale selle wat die vermoë het om tot enige sel in die liggaam te ontwikkel en defektiewe selle te herstel of te vervang. Navorsers het stamselle uit die menslike (en dierlike) embrio, fetus, naelstring en volwasse liggaam geïsoleer en tot stamsellyne voorberei vir terapie. Verbasende resultate is alreeds aangetoon. In sommige gevalle het navorsers ten volle genesing bewerk of ten minste groot verbeter tot stand gebring in diere (en in enkele gevalle by mense) met suikersiekte, Parkinson en Alzheimer se siektes en outo-immuunsiektes. Die gebreekte rugmurg van rotte is ook al deur hierdie tegnologie herstel. Die doel van hierdie artikel is om oorsigtelik aan die tegniese uitvoerbaarheid en vordering in stamselnavorsing aandag te gee. Uit hierdie gegewens sal dit duidelik word dat daar heelwat algemene en tegniese probleme met meegaande etiese implikasies bestaan, wat eers opgelos moet word voordat hierdie terapie bruikbaar sal wees. Probleme wat geïdentifiseer is, is die noodwendige vernietiging van die menslike embrio, die oorweging van terapeutiese kloning, plasing van menslike embrionale stamselle in embrio's van primate soos ape en 'n reeks tegniese probleme in die ontwikkeling van stamsel-tegnologie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License