SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

ROSS, J.S.. Die onbeduidende omgang, die algemene taak: Notule van die Missionêre Raad van die Glasgowse Missionêre Genootskap (1838 - 1843). In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.3, pp.563-584. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel poog om aandag te gee aan die minder bekende feit van sendingwerk onder die Xhosa's in die Kaapkolonie tydens 1838-1843, soos weergegee in "The minute book of the Missionary Board of the Glasgow Missionary Society: adhering to the principles of the Church of Scotland, in Caffraria, and in the neighbouring Colony". Hierdie Raad (MBGMS) was verantwoordelik vir die verskaffing van voldoende infrastruktuur en logistieke ondersteuning om die doelwitte van die sendinggenootskap te verwesenlik. Die skrywer is van mening dat sulke eenvoudige dienswerk al te maklik in die moderne sendinggeskiedenis afgeskeep word, aangesien daar eerder klem gelê word op meer "geestelike" aktiwiteite. Die historiografie in hierdie artikel neem die vorm aan van moderne verhalende geskiedskrywing. Deur aan sommige temas, tendense en strukture in die MBGBS se notules aandag te skenk, word hierdie rekords self aan die woord gestel sodat daar so min as moontlike retrospektiewe interpretasie plaasvind. Daar word aangetoon dat die Raad 'n belangrike bydrae gelewer het tot die verwesenliking van die Glasgow Missionary Society (GMS) se doelwitte - doelwitte soos die tot standkoming van 'n Xhosamiddelklas en 'n betekenisvolle groep swart intellektuele, wie se stem en invloed geleidelik weer hoorbaar word na jare se gedwonge verwaarlosing.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License