SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VERSTER, P.. Skrifberoep en die hantering daarvan in sending. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.4, pp.793-816. ISSN 2305-0853.

    Skrifberoep in sending bly belangrik om die wesenlike van die verlossing te bevestig. Verskillende beskouings oor Skrifberoep kom voor en die vraag of 'n mens nog na sonde, hemel, hel en verlossing kan verwys, moet gevra word. Paulus het op 'n bepaalde wyse na die Ou Testament verwys, maar wou altyd aan die Skrif getrou bly. Calvyn het die Skrifberoep as essensieel beskou. Kuyper het Skrifkritiek afgewys, maar het ook teen piëtistiese benadering in Skrifgebruik gewaarsku. Bultmann wou die Skrif ontmitologiseer, maar moes tog uiteindelik ook direk na die Skrif verwys. Sonde, hemel, hel en verlossing moet steeds erken word en op die regte eksegetiese en hermeneutiese wyse bevestig word.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )