SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    SNYMAN, A.H.. Oorreding in 1 Korintiërs 3:9c-23. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.4, pp.861-878. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel is 'n poging om 1 Korintiërs 3:9c-23 te analiseer vanuit 'n perspektief wat verskil van benaderings wat neig om antieke retoriese kategorieë op die brief af te dwing. Die analise is gedoen in terme van "'n begronde teoretiese benadering". Die benadering word kortliks opgesom, gevolg deur 'n beskrywing van die retoriese situasie van die brief en 'n sistematiese analise van die vyftien verse, waarin gefokus word op die wyse waarop Paulus argumenteer, op die tipes argumente wat hy gebruik en op die retoriese tegnieke wat die trefkrag van sy kommunikasie verhoog. Daar word aangetoon hoe al hierdie strategieë en tegnieke hom in staat stel om sy retoriese doelwitte in 1 Korintiërs 3:9c-23 te bereik. Die gevolgtrekking is dat so 'n teksgebaseerde benadering met sy fokus op die funksionele aspekte van die teks, 'n goeie (of beter) alternatief bied tot bestaande benaderings, wat fokus op die formele aspekte van die teks.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )